Reëls en Bepalings 2022
- In die Vokale afdeling sal daar DRIE items per graad /ouderdom wees waarvoor deelnemers kan inskryf. Die items is naamlik Afrikaanse liedere, Engelse liedere en Volksliedere. Deelnemers mag werke van hul EIE KEUSE voordra, met die uitdruklike veronderstelling dat werke van goeie musikale standaard verwag word – geen “popmusiek” nie.
- In die afdeling vir Volksliedere moet die werke in die OORSPRONKLIKE TAAL gesing word.
NB: Volksliedere veronderstel TRADISIONELE volksmusiek; dus NIE gekomponeerde werke nie. - Kriteria vir beoordeling is die volgende: Intonasie, diksie, asembeheer, klankproduksie en vertolking.
- GEEN mikrofone en klankbane (backtracks) word in hierdie afdeling toegelaat nie.
- Slegs oorspronklike werke mag aangebied word, geen keurspele (medleys) nie.
- ‘n Deelnemer mag nie in twee agtereenvolgende jare dieselfde werk aanbied nie.
- Dieselfde lied mag nie deur dieselfde deelnemer in twee verskillende items aangebied word nie – byvoorbeeld as solo en as duet nie. Deelnemers mag net eenmaal aan dieselfde afdeling deelneem.
- Deelnemers mag gepenaliseer word vir oorskryding van die tydsbeperking.
- Kopieë van werke wat aangebied word, moet by die beoordelaarstafel ingehandig word. Oorspronklikes moet egter in die lokaal beskikbaar wees.
- Werke mag getransponeer word om by deelnemers se stemomvang aan te pas.
- Alle sangstukke moet gememoriseerd voorgedra word.
- Die ouderdom van die OUDSTE deelnemer in groepitems is bepalend vir inskrywing.
- Kleredrag: Skooldrag is verkieslik. Andersins moet deelnemers seker maak dat hul kleredrag in ooreenstemming is met die formele aard van die Eisteddfod sal wees.
Neem kennis dat uitspattige of onbehoorlike kleredrag ten sterkste afgekeur word. - Vir kooritems sal koorbankies en ‘n klavier in die lokale voorsien word, maar indien dit verskuif moet word, sal deelnemers/organiseerders self hiervoor verantwoordelik wees. Indien moontlik, sal opwarmingslokale gereël word.
- Aangesien die werkstempo van beoordelaars verskil, moet deelnemers en begeleiers bewus wees daarvan dat die program nie noodwendig stiptelik volgens die bepaalde tye mag verloop nie. Daar sal egter deurgaans gepoog word om by die beplande tye te hou.
- Enige deelnemer aan die Eisteddfod mag deur die uitvoerende komitee genooi word om aan die Galakonsert deel te neem.
TOEKENNINGS
Spesiale toekennings sal gemaak word aan deelnemers wat KATEGORIE-wenners is. Die deelnemer met die hoogste gemiddelde punt vir 3 items sal hierdie toekenning ontvang – ‘n minimum van 85% moet behaal word. Indien die vereiste standaard nie bereik is nie, sal geen toekenning gemaak word nie. Erkenning vir hierdie prestasie sal gegee word deur ‘n “Spesiale Sertifikaat van Verdienste” aan die wenner toe te ken..
Kategorieë word as volg vasgestel:
- Grade 0–2
- Grade 3-4
- Grade 5-7
- Grade 8-12
In die KOOR en ENSEMBLE afdelings sal daar SPESIALE TOEKENNINGS gemaak word vir die hoogste punte behaal in elk van die afdelings vir Laerskool-, Hoërskool- en Oop (Volwasse) kore, mits daar minstens DRIE deelnemers in elke afdeling is. Alternatiewelik mag die inskrywing met die hoogste punt bekroon word.
DATUMS
Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag 22 Julie 2022
Laat inskrywings @ 1½ oorspronklike fooi Vrydag 29 Julie 2022
Kompetisies: 22 - 25 Augustus 2021
GEEN INSKRYWINGS sal na 29 Julie 2021 aanvaar word nie.
SOLOSANG
In hierdie afdeling mag deelnemers werke van hul eie keuse voordra.
Werke van hoë musikale standaard word verwag – geen “popmusiek” of optredes met klankbane (Backtracks) sal toegelaat word nie. Klavierbegeleiding word aanbeveel.
Die moeilikheidsgraad en inhoud van die liedjies moet geskik wees vir die deelnemer se ouderdom.
By die VOLKSLIED afdeling moet liedere in die oorspronklike taal gesing word. GEEN GEKOMPONEERDE werke word hier toegelaat nie – d.w.s. waar ‘n komponis aangedui word nie.
Maksimum tyd toegelaat per item: Gr.0 – Gr. 5: 1½ min, Gr. 6 – 12: 2 min.
Inskrywingsfooi vir alle solo items R90 per inskrywing.
Skryf in
ENSEMBLE ITEMS
In hierdie afdeling mag deelnemers werke van hul eie keuse voordra.
Werke van hoë musikale standaard word verwag – geen “popmusiek” of optredes met klankbane (Backtracks) sal toegelaat word nie. Klavierbegeleiding word aanbeveel.
Die moeilikheidsgraad en inhoud van die liedjies moet geskik wees vir die deelnemer se ouderdom.
Inskrywingsfooie soos aangedui by elke item. Tydsbeperking 2min.
Skryf in
Vokaal / Vocal Duet Gr. 4-7 |
ZAR 150.00 | Kies |
Vokaal / Vocal Duet Gr. 8-12 |
ZAR 150.00 | Kies |
Vokaal / Vocal Trio Gr. 4-7 |
ZAR 150.00 | Kies |
Vokaal / Vocal Trio Gr. 8-12 |
ZAR 150.00 | Kies |
Vokaal Kwartet / Vocal Quartet Gr. 4-7 |
ZAR 200.00 | Kies |
Vokaal Kwartet / Vocal Quartet Gr. 8-12 |
ZAR 200.00 | Kies |
KORE EN GROTER ENSEMBLES
In hierdie afdeling word ‘n program van DRIE of VIER werke verwag. Die werke moet ‘n verskeidenheid van style en/of tydperke verteenwoordig. Die toegelate tyd sluit op- en afstap in. Skoolkore moet uit minstens 25 lede bestaan. Groepe van 5-25 sangers skryf in die afdeling vir Ensembles in.
Inskrywingsfooie soos aangedui by elke item.
Skryf in
Ensemble Gr 1-3 |
ZAR 300.00 | Kies |
Ensemble Gr 4-7 |
ZAR 300.00 | Kies |
Ensemble Gr 8-12 |
ZAR 300.00 | Kies |
Sangspeletjie / Song & Movement Gr 0 - Gr3 |
ZAR 300.00 | Kies |
Juniorkoor / Junior Choir Gr. 1-3 |
ZAR 450.00 | Kies |
Seniorkoor / Senior Choir Gr. 4 -7 |
ZAR 450.00 | Kies |
Meisieskoor / Girls Choir Gr. 8-12 |
ZAR 450.00 | Kies |
Seunskoor / Boys' Choir Gr 8-12 |
ZAR 450.00 | Kies |
Gemengde Koor /Mixed Choir Gr. 8-12 |
ZAR 450.00 | Kies |
Dameskoor / Ladies' Choir |
ZAR 450.00 | Kies |
Manskoor / Male Choir |
ZAR 450.00 | Kies |
Gemengde Koor /Mixed Choir |
ZAR 450.00 | Kies |